Kry toegang tot die Nasionale Finansiële Ombudsman

Ons stel ’n opwindende nuwe inisiatief van die Nasionale Finansiële Ombud bekend.

Vanaf Maart 2026 sal die Nasionale Finansiële Ombud ’n maandelikse satellietkantoorteenwoordigheid by Stellenbosch Universiteit se Regskliniek hê.

Die NFO-spanlede wat hierdie satellietkantoor beman, sal inligting verskaf oor die regte van verbruikers van finansiële dienste, en hoe om ’n klag te lê by die Nasionale Finansiële Ombud in die geval van ’n onopgeloste kwessie met ’n bank, versekeraar of kredietverskaffer in gevalle waar hierdie diensverskaffers moontlik onregverdig opgetree het of dalk ’n fout gemaak het.

Hierdie maandelikse teenwoordigheid sal aan u makliker toegang gee tot die dienste aangebied deur die Nasionale Finansiële Ombud.

Besoek die Nasionale Finansiële Ombud se satellietkantoor by Stellenbosch Universiteit se Regskliniek, Crozierstraat 18-24, Stellenbosch vir gratis en vertroulike raad oor u klagte. Ons sal binnekort die bevestigde datums deel waarop die NFO-spanlede teenwoordig sal wees, of u kan die Nasionale Finansiële Ombud kontak deur die kontakbesonderhede hier onder te gebruik.

Wat doen die Nasionale Finansiële Ombud?

Die Nasionale Finansiële Ombud verskaf regverdige en onpartydige resolusiedienste vir kliënte van finansiële dienste in Suid-Afrika. Hulle is heeltemal onafhanklik en hulle besluit elke saak gebaseer op die feite. Al hulle dienste is heeltemal gratis.

Die Nasionale Finansiële Ombud kan u help om sluiting te kry vir langdurende klagtes en kan u selfs bystaan met die herwinning van verlore fondse. Dit verskaf ook bedrogvoorkoming- en finansiëlegeletterdheidsdienste.

Die Nasionale Finansiële Ombud is daartoe verbind om hul opleiding- en opvoedingsmandaat onder hul pilaar vir Korporatiewe Sosiale Verantwoordelikheid te vervul en finansiële billikheid te handhaaf.

Hierdie nuwe inisiatief is beskikbaar aan alle verbruikers van finansiële dienste, nie net diegene wat met die Universiteit geaffilieer is nie. Dit het ten doel om die Nasionale Finansiële Ombud se dienste meer toeganklik en deursigtig te maak. Dit sal ook verbruikers groter bewustheid te gee van hulle regte en verantwoordelikhede en van die Ombud se dienste wat vryelik aan hulle beskikbaar is.

U kan die Nasionale Finansiële Ombud kontak per telefoon (0860 800 900), WhatsApp (066 473 0157) of e-pos (info@nfosa.co.za)

- Nasionale Finansiële Ombud en Stellenbosch Universiteit se Regskliniek

Neem asseblief kennis dat

Neem asseblief kennis dat, effektief vanaf 1 Mei 2026, sal die Universiteit Stellenbosch Regskliniek nie meer satellietkantore in Ceres, Worcester en Bishop Lavis besoek nie.