Nikita Stander

Senior Prokureur en Adjunk Hoof
Nikita Stander het by die Regskliniek aangesluit in die finalejaar van haar LLB-studies in 2008, as ’n studente-konsultant in die Regsfakulteit se Praktiese Regsopleiding-module. Sy het in Janurie 2009 met haar klerkskap by die Regskliniek begin, toe sy ook haar LLB-graad verwerf het. Ná sy in Oktober 2009 haar klerkskap aan Legal Aid South Africa sedeer het, het sy haar klerkskap daar voltooi in Desember 2010, waarna sy in Februarie 2011 toegelaat is as ’n Prokureur van die Hooggeregshof. Sy is in Februarie 2011 aangestel as praktiserende regspraktisyn by die Regskliniek, waarna sy ook gekwalifiseer het as prokureur met verskyningsbevoegdheid in die Hooggeregshof. Nikita bied bystand aan kliënte om uitsettingsaansoeke teen te staan, asook in geskille wat verband hou met verblyfsekerheid. Sy staan ook finalejaar regstudente by die Regskliniek by met advies en tree op as mentor vir die kandidaatregspraktisyns wat in haar departement werksaam is.
Nikita het die graad LLM (navorsing) in April 2022 verwerf.