SULC Gasheer Vir Prof Riette Du Plessis

Op Maandag, 4 Maart 2024, het SULC die voorreg gehad om Prof Riette du Plessis van die Universiteit van die Witwatersrand by die Regskliniek te verwelkom. Prof du Plessis het haar kundigheid in Kliniese Regsonderrig vrygewig gedeel en vir ons waardevolle insigte gegee terwyl ons voorberei vir 2025, wanneer Praktiese Regsopleiding ‘n verpligte module vir ons finalejaar regstudente sal wees.