Skryf Opleiding deur Professors van Seattle Universiteit

Skryf Opleiding deur Professors van Seattle Universiteit

Op 4 Junie 2018 het professore Mimi Samuel en Laurel Currie Oates van die Seattle Universiteit, Fakulteit Regsgeleerdheid, ‘n insiggewende praatjie aan die personeel van die Regskliniek gelewer. In hul aanbieding, “Dink soos ‘n klinikus, skryf soos ‘n professor”, het hulle riglyne vir skryf van akademiese artikels, aan voornemende skrywers, verskaf. Die aanbieding het gefokus op hoe kliniese werk omgeskakel kan word in akademiese publikasies, met die klem op die teikengehoor, doel en skryfkonvensies. Dit het ook waardevolle wenke verskaf vir die ontwikkeling van ‘n raamwerk om die onderwerp van ‘n artikel te bepaal, ‘n voorlopige uiteensetting te skryf, verdere navorsing te doen en die formaat van die artikel te oorweeg. Hierdie aanbieding sal die Regskliniek baie help in sy pogings om huidige projekte behoorlik te dokumenteer en te kommunikeer.