Dr Theo Broodryk lewer ’n aanbieding by ’n seminaar aangebied deur die CCLE


Dr Broodryk het ’n kort opsomming gegee oor die huidige toestand van die Suid-Afrikaanse klasaksie-meganisme as ’n platform om die uitvoerbaarheid van die meganisme vir private afdwinging van mededingingsreg te bespreek. Die bespreking het hoofsaaklik gehandel oor die vraag of die aksie vir skadevergoeding wat uit oortredings van die Mededingingswet voortspruit, as deliktueel of statutêr geklassifiseer moet word, en of dit verkieslik is dat ons hoër howe betrokke raak by skadevergoedingsgedinge ingevolge die Mededingingswet.
Mnr Thala Msutu, ’n Kandidaatprokureur in die Mededingingsreg-afdeling van Edward Nathan Sonnenbergs Ing., het as besprekingsleier opgetree.