Odwa Nweba

Prokureur

Odwa Nweba het in 2018 by die Regskliniek aangesluit. Hy is as Prokureur van die Hooggeregshof toegelaat in Mei 2018, ná hy in April 2018 sy klerkskap by Legal Aid voltooi het. Hy het sy LLB verwerf by die Universiteit van Fort Hare en sy Praktiese Regsopleiding voltooi by die Universiteit van Kaapstad se School for Legal Practice. Hy is geregistreer as lid van die Compliance Institute of Southern Africa, as ‘n nakomingsbeampte. Hy bied bystand met algemene siviele litigasie en advies. Hy is passievol daaroor om minder bevoorregte persone in die samelewing by te staan.

Neem asseblief kennis dat

Neem asseblief kennis dat, effektief vanaf 1 Mei 2026, sal die Universiteit Stellenbosch Regskliniek nie meer satellietkantore in Ceres, Worcester en Bishop Lavis besoek nie.