REGSHULPKLINIEK SE KLINIESE REGSOPLEIDING (KRO)-PROGRAM BEKROON MET GESOGTE NAVORSINGSTOEKENNING

Die Regshulpkliniek het onlangs ’n navorsingsbeurs ontvang vanaf die Stellenbosch Universiteit se Fonds vir Innovasie en Navorsing in Leer en Onderrig (FINLO). Hierdie toekenning word gebruik om navorsing te finansier oor die Kliniek se KRO-module, Praktiese Regsopleiding 471 (PRO), wat as ’n finalejaar-keusemodule aan studente van die Regsfakulteit aangebied word. Die doel van hierdie projek is om insig te bied en dan ’n kontekstuele ontleding ten einde ’n raamwerk te ontwikkel wat die moontlike uitbreiding van die PRO-module kan vergemaklik, wat verdere implikasies vir die rol van KRO in ’n breër konteks sal hê. PRO is tans die enigste KRO -module wat deur die Regsfakulteit aan die Universiteit van Stellenbosch aangebied word. Dit vervul ’n belangrike funksie deur finalejaar-regsstudente die geleentheid te bied om algemene en beroepspesifieke vaardighede in ’n kliniese omgewing aan te leer en ontwikkel deur regsdienste aan die minderbevoorregte gemeenskap in en rondom Stellenbosch te bied.
Oudstudente en huidige studente van die Kliniek is deur onafhanklike navorsers versoek om vrywillig en anoniem deel te neem aan ’n aanlyn vraelys wat ’n kombinasie van vrae bevat oor hul verwagtinge en ervarings in die PRO-module. Die aantal terugvoer van deelnemers wie wou bydra aan die navorsing, het alle verwagtinge oortref, en ons is tans besig om die data te ontleed om die relevante verslag saam te stel.

Maandelikse NFO

teenwoordigheid by die Universiteit Stellenbosch Regskliniek
Stellenbosch Universiteit se Regskliniek verwelkom die Nasionale Finansiële Ombud – ’n maandelikse teenwoordigheid wat ontwerp is om finansiële billikheid te handhaaf en om toegang tot klagteresolusiedienste te verbeter.