DIE STELLENBOSCH / COVENTRY UNIVERSITEIT REGSKLINIEKE-PROJEK: INTERNASIONALE SAMEWERKING DEUR DUBBEL-ROBOTIKA-TEGNOLOGIE
Gedurende 2017 het die Regskliniek in gesprek getree met Coventry Universiteit in Engeland ten einde ’n wedersyds voordelige internasionale Kliniese Regsopleiding (KRO) vennootskap te vestig. Dit het gelei tot ’n besoek aan ons Kliniek deur mnr. Alan East van Coventry, en ná die toekenning van ’n navorsingsbeurs deur die Regsfakulteit se Navorsingskomitee, het Stephan van der Merwe Coventry Universiteit besoek waar hy lesings en ’n hoofrede by ’n KRO-mini-konferensie aangebied het. Ons het nou ’n heeltemal nuwe samewerkings-projek tussen die twee Klinieke geskep, met behulp van dubbel-robotika-tegnologie. Studente in ons KRO-program ontvang opleiding, neem deel aan konsultasies, onderhoude en tribunale, en werk oor die algemeen saam met studente, personeel en kliënte in Coventry. Hulle doen dit alles vanuit ons Kliniek in Stellenbosch, maar deur middel van ’n fisiese teenwoordigheid binne ons vennoot-kliniek deur hul interaktiewe robots wat aanlyn beheer word! Die loodsprojek het gedurende Maart 2018 plaasgevind, en ons is baie entoesiasties oor die opwindende moontlikhede wat hierdie internasionale aanlyn-leerprojek bied.