Die Regskliniek Missie en Visie
1 Wat Ons In Glo En Na Strewe
1.1 Visie
Die visie van die Reskliniek is:
- ’n Gemeenskap wat met regskennis bemagtig is en die vermoë opgebou het om hulle regte uit te oefen, óf as individue óf as ’n gemeenskap
- Finalejaar-regstudente wat professioneel opgelei is en op die voorpunt van indiensneembaarheid staan
- ’n Breër Suid-Afrikaanse gemeenskap wat ’n bewussyn ontwikkel het van hulle verantwoordelikhede wat sosiale regverdigheid betref.
1.2 Missie
In ons strewe om ons visie te verwerklik, verskaf die Regskliniek deur middel van, onder andere, samewerkings inisiatiewe, professionele regshulp en verteenwoordiging in siviele sake aan lede van die gemeenskap in die dorpe rondom Stellenbosch, Ceres, Worcester en Bishop Lavis, wie aan die vereistes vir regshulp voldoen. Ons bied ook regsopleiding – insluitende kliniese regsopleiding – aan kandidaat regspraktisyns, finalejaar-regstudente en lede van die gemeenskap, insluitende diegene wat arm en gemarginaliseerd is.
1.3 Waardes
Die Regskliniek verwag van elke werknemer om die instelling se kernwaardes te onderhou in hulle omgang met kliënte, kollegas en ander belanghebbendes:
- Vlytigheid en passie
Oortuiging, ywer en passie word verwag en is noodsaaklike werknemereienskappe wat die Regskliniek verwag om sy doelwitte te bereik.
- Deursigtigheid, eerlikheid en integriteit
Die Regskliniek se reputasie is grootliks afhanklik daarvan dat sy werknemers hulself met integriteit en op 'n eerlike en deursigtige wyse gedra. Dit vorm die fundamentele hoeksteen waarop die Regskliniek funksioneer, waarsonder geen verhouding van waarde en vertroue kan bestaan nie.
- Respek
Die Regskliniek respekteer, waardeer en moedig verskille tussen alle mense aan waar sulke verskille binne die werkplek omhels word om die Regskliniek se doelwitte te bevorder en te bereik.